Quantcast
Channel: Latest news
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1122

Varsity Sing alreeds a treffer!

$
0
0

Varsity Sing is tans besig om die Varsity Sports suksesverhaal na die breër universiteitsgemeenskap te neem en kykers sit Donderdae vasgenael voor hulle TVs!

Met 12 universiteite van regoor die lengte en breedte van ons skone land wat deelneem, het Varsity Sing sommer gou ‘n gewilde platform geword waar verskeie stemme, melodieë en tale ten toon gestel word. Kykers het reeds vanaf Julie vanjaar begin kyk hoe die kore week na week hulself uitdaag met liedjiekeuses en vertonings om ‘n plek in die finaal te verseker.

Na afloop van die eerste rondes het daar vining ‘n paar gunstelinge ten vore getree. Die koor van die Universiteit van Stellenbosch het met hulle weergawe van Karen Zoid and Francois van Coke se ‘Toe Vind Ek Jou’ ‘n vroeë aanduiding gegee dat hulle nog ‘n titel sal wil byvoeg tot hul Wêreldkampioene status.

Die Universiteit van Pretoria se Tuks Camerata het op hul beurt weer deurlopend gepresteer en in die eerste semifinaal het hull emosionele weergawe van die gedig ‘Even When He Is Silent’ menigte trane in die gehoor laat val.

NMMU het ook gewys dat hulle nie onderskat moet word nie en almal wag om te sien wat NMMU gaan doen in die tweede semifinaal wat 29 September en 6 Oktober uitgesaai word. Die Universiteit van Johannesburg het ook hulle plek in die finale bespreek maar sal wil verbeter op hulle semifiale vertoning.

Die organiseerders het ook raakgevat met hul keuse van beoordelaars. Die trio van Loyiso Bala, Christo Burger en Marvin Kernelle het amper net soveel vermaak as die kore verskaf. Arno Carstens, Emo Adams en HemelBesem het almal as gasbeoordelaars opgetree en dan het Zoid and Van Coke natuurlik ook gesig gewys. Dit spreek boekdele oor die kompetisie dat dit reeds in sy eerste bestaansjaar sulke aftrek kry en die kore gaan beslis ‘n crescendo bereik op 13 Oktober.

– Dorfling Terblanche

 

The post Varsity Sing alreeds a treffer! appeared first on Varsity Sports SA.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1122

Trending Articles